Die Gereformeerde Kerk (GK) Hermanus
Hieronder is ’n kort weergawe van die geskiedenis van ons kerk:
- 1964 – Met hul aankoms uit Sasolburg ontdek wyle Josef Kruger en sy eggenote, wyle Lettie Kruger, dat die naaste Gereformeerde gemeente in Worcester is.
- 1978 – GK Strand stig af van GK Stellenbosch. Die Strand heelwat nader as Worcester en so word Hermanus ‘n wyk van GK Strand.
- 1983 – Kleinmond, Bettysbaai en Grabouw word een wyk van GK Strand. Daar word kwartaalliks een diens gehou in die tennis-saal op Kleinmond.
- 1995 – Die eerste Gereformeerde kerk erediens in Hermanus word in die United Church se kerkgebou gehou. Tot einde 1998 word daar jaarliks vier eredienste gehou.
- 1998 – Met die aankoms van Hans en Careen Oostenbrink ontkiem die saadjie wat die droom vir ‘n eie kerkgebou moontlik sou maak.
- 1999 – In Maart word twee eredienste per maand aangebied in die Sewendedag Adventiste Kerk in Hermanus.
- 1999 – In Februarie word Hans Oostenbrink ‘n stuk grond aangebied, wat hy self ontwikkel. ‘n Gedeelte van die erf word afgesny en aan die gemeente geskenk vir ’n kerkgebou.
- Op 18 Augustus vind die steenlegging plaas.
- Op Saterdag 4 Desember word daar feesgevier en word die kerkgebou formeel indiens geneem.
- 2000 – Die amptelike afstigting van die nuwe Gereformeerde Kerk Hermanus vind plaas op 29 Oktober.
- 2001 – 2021 – Die gemeente groei stadig maar seker.
- 2022 – 2025 – Die Kerkraad besluit om die kerkgebou te vergroot en in 2022 word die vergrote kerkgebou feestelik in gebruik geneem. Dit bied nou sitplek vir tot sowat 180 kerkgangers, daar is ’n ruim konsistorie en ’n aangrensende erf is aangekoop vir parkeringdoeleindes. Verskeie koor en musiekverenigings gebruik nou die kerkgebou vir repetisies en uitvoerings en daar word veral gewag gemaak van die goeie akoestiek. Omliggende meenthuiskomplekse se jaarvergaderings vind ook in die Kerkgebou plaas.
- Die toekoms: Daar word tans beplan om onder andere die bestaande saaltjie uit te brei sodat daar meer ruimte is vir byeenkomste.
Predikante wat die gemeente bedien het:
- Ds Faan Denkema
- Ds Poen Prinsloo
- Ds Koos Cloete – emirituspredikant van die gemeente
- Ds Johan Schutte
- Ds Peet Coetzee
Huidige Predikant:
- Ds Nikolaas Pienaar